Beroepe wat deur tegnologie geskep word

Donderdag, Februarie 18th, 2016

Marli Naidoo

 

 

Tegnologiese ontwikkeling het reeds talle nuwe beroepe geskep. Daar is steeds elke dag tegnologiese groei en daarom ontstaan daar gereeld nuwe werkrigtings om die gapings te vul wat deur die ontwikkeling geskep word. Daar is heelwat loopbaanrigtings wat na verwagting binne die volgende paar jaar baie werk gaan verskaf. Die volgende is maar ‘n paar voorbeelde:

Grootdata-ontleders, -argitekte en -ingenieurs is belangrik vir die hantering van data in besighede. Groot besighede genereer groot hoeveelhede data uit verskillende bronne.

Genetiese raadgewers evalueer individue of gesinne se risiko vir oorerflike genetiese afwykings en geboortedefekte, en kan dan pasiënte aangaande die bevindings adviseer.

Onbemande vliegtuie gaan eersdaags gebruik word vir kommersiële doeleindes soos om goedere te vervoer en af te lewer. Grondbemanningslede gaan dan in aanvraag wees.

3-D-drukkers het ‘n hele nuwe netwerk van loopbane geskep, soos herstelwerktegnici en prosesontwikkelingsingenieurs om in laboratoriums te werk.

Omdat daar verwag word dat daar binne die volgende dekade ’n groot toename in die ontwikkeling van elektrisiteit deur windkrag gaan wees, gaan bykomende windturbinetegnici nodig wees om nuwe turbines te installeer en in stand te hou.

Motorwerktuigkundiges wat spesialiseer  in elektriese en hibriede motors gaan in aanvraag wees.

Selfoonontwikkelaars: Na gelang selfone meer veelsydig raak, is daar ‘n groter aanvraag vir beter bedryfstelsels.

E-rommelkoördineerders het die verantwoordelikheid om doeltreffend en veilig van elektroniese rommel ontslae te raak.

Indien die biobrandstofmark baie gaan groei, sal daar meer biochemiese ingenieurs opgelei moet word.

Tegniese poste in vermaak en die media sal aanhou ontwikkel en verander. Videospeletjie- ontwerpers en sagteware-ontwikkelaars is van die beskikbare poste.

Daar word van marknavorsingsontleders verwag om baie navorsing te doen en uit te werk hoe om doeltreffendheid en verkope te verbeter. Daar word voorspel dat hierdie beroep teen 2020 met 41% gaan groei.

Nanotegnoloë kan elektroniese “gadgets” van mikroskopiese grootte bou en herstel.

Mense wat rekenaarnetwerke kan verstaan en ondersteuning aan hulle kan verskaf, is hoog in aanvraag. Werkgeleenthede vir netwerkadministrateurs neem konstant toe.

Robotte word reeds gebruik vir allerlei tegnologiese doeleindes, soos om chirurgiese take te verrig. Namate tegnologie verder ontwikkel, gaan die vraag na robottegnici toeneem.

 

Bronnelys

 

Joe McKendrick, 2012, “7 new types of jobs created by Big Data”, ZDNet, http://www.zdnet.com/article/7-new-types-of-jobs-created-by-big-data/

 

Al Krulick, 2015, “21st Century Job Market”, Debt.org, https://www.debt.org/jobs/21st-century/

 

Dinah Wisenberg Brin, 2014,“10 jobs that weren’t around in 1989”, CNBC,

http://www.cnbc.com/2014/04/29/10-jobs-that-werent-around-in-1989.html?slide=12

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Wil jy graag jou eie baas wees? Vra dan eers jouself die regte vrae
Anja van den Berg   Die meeste mense begryp dat besigheidskennis nodig is om ʼn besigheid te bedryf, maar die meeste suksesvolle besigheidseienaars het ook bykomende vaardighede en eienskappe wat ʼn suksesvolle besigheid aanhelp. Voordat jy besluit om met ʼn besigheid te begin, moet jy nadink oor watter eienskappe jy het, hoe jou kop werk […]
Die kliënt kom altyd eerste
Karen van der Berg   Die noodsaaklikheid om goeie verhoudings met kliënte te bou, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is deur hierdie verhoudings wat jy werklik jou kliënte se behoeftes begin verstaan. Hannes Venter van Global & Local Inc., ’n konsultant wat hulp aan klein ondernemings bied, het vyf goue reëls om goeie […]
Voortdurende veranderings in die werkplek
Anja van den Berg   In die 1960’s het die werkplek gewentel om ʼn nege-tot-vyf-werkdag, mans het hulle vroue en kinders tuis onderhou, en werk het gewoonlik fisiese arbeid behels. Personeel het by die werk gerook – selfs in die kantoor – en daar was geen voorskrifte vir korrekte etiket in die personeelkombuis nie, aangesien […]
1 2 3 53