Geoktrooieerde rekenmeesters: Moeilik maar lonend!

Donderdag, Mei 26th, 2016

Anja van den Berg

 

 

ʼn Loopbaan as geoktrooieerde rekenmeester is beslis nie vir almal nie. Dit neem oor die algemeen ten minste vier jaar van akademiese studie aan Suid-Afrika se top universiteite en nog drie jaar praktiese opleiding, gelyktydige studie en die slaag van twee van die taaiste professionele eksamens in die bedryf. Maar om die beste ter wêreld te wees verg opoffering, dissipline en talent.

Top studente strewe daarna om geoktrooieerde rekenmeesters (GA) te word want dit voorsien aan hulle ʼn uitstekende geleentheid om ʼn suksesvolle loopbaan in byna enige bedryf te kan beoefen. Oor baie dekades het ons land se geoktrooieerde rekenmeesters die reputasie verdien as buitengewone professionele, dinamiese en hoë presteerders.

In Suid-Afrika is opleiding as geoktrooieerde rekenmeester gegrond op ʼn breë vaardigheidsmodel wat ʼn fokus vereis op besigheidstrategie, etiek, regeringkunde, kommunikasie en ander nie-rekeningkunde gebaseerde dissiplines. Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) word al vir baie jare aaneenlopend erken as die organisasie met die hoogste standaard in sy soort in die wêreld. SAICA dring aan op ʼn diep begrip van huidige Internasionale Finansiële Verslaggewing: rekeningkunde standaarde wat beginselgebaseerd eerder as reëlsgebaseerd is.

Volgens Ewald Müller, senior uitvoerende beampte by SAICA, plaas die Wêreld Ekonomiese Forum Suid-Afrika eerste uit 144 lande vir die aanvaarding van, en bydrae tot, Internasionale Finansiële Verslaggewingstandaarde, sowel as Internasionale Standaarde van Verslaggewing. Hierdie posisie is ʼn huldeblyk aan die rol en opleiding van die land se geoktrooieerde rekenmeesters. Geoktrooieerde rekenmeesters was ook onder die sleutel-argitekte van King III – Suid-Afrika se wêreldklas korporatiewe regeringkunde standaarde.

 

Suid-Afrika se finansiële vaardighede ons beste uitvoerproduk

Om finansies in die huidige korporatiewe wêreld te beoefen beteken dat jy ʼn omgewing moet hanteer wat verskil van maatskappye van vorige dekades. As sodanig moet vandag se spesialis voorbereid wees vir nuwe en tegnologiesverwante uitdagings. ʼn Soliede rekeningkunde- en verslagsisteem is die kern van elke sake-onderneming om aan vereistes te voldoen en oor relevante inligting te beskik waarop sakebesluite geneem word.

Synde die wêreldleier in die rekeningkunde- en verslagbedryf, bied Suid-Afrika ook bykomende, aanvullende voordele wat die land by uitstek geskik maak vir die verskaffing van rekeningkundige, verslag- en finansiële buitedienste op groot skaal. Louw Barnardt, BD van ʼn finansiële bestuursmaatskappy wat aan KMO’s en entrepreneurs buitedienste verskaf, wys op hierdie voordele:

 

  • ʼn Groeiende Engelssprekende talentpoel.
  • Goeie infrastruktuur en ʼn Eerstewêreld-ervaring.
  • ʼn Robuuste en bemagtigende sake-omgewing (gelys 41ste by die Wêreldbank vir gemaklike sake-hantering).
  • Bedryfs- en personeelkostes wat 45-50% laer is as bronmarkte.

 

Die waarde wat hoë-vlak professionele lui kan bied deur tot groeiende maatskappy by te dra in die vorm van sake-analise, internasionale groep- en belastingstrukturering en sake-waardasies – om net ʼn paar te noem – is enorm. Met moderne tegnologie kan al bogenoemde take effektief duisende kilometers ver gedoen word.

 

 

Bronne:

Barnardt, L. 2015. “Taking South African Financial Skills to the World”.

Entrepreneur, http://www.entrepreneurmag.co.za/advice/financial-management/budgeting/taking-south-african-financial-skills-to-the-world/

 

Robson, G. 2015. “Three Trends in Corporate Finance your Financial Director Should Know”. Entrepreneur, http://www.entrepreneurmag.co.za/advice/financial-management/how-to-guides-financial-management/three-trends-in-corporate-finance-your-financial-director-should-know/

 

Müller, E. 2013. “Why CA’s are good for SA”, Economic and Management Sciences.http://www0.sun.ac.za/ebsk/index.php?option=com_content&view=article&id=272:why-cas-are-good-for-sa&Itemid=92

 

The South African Institute of Chartered Accountants. 2015. SAICA website,

https://www.saica.co.za/Home/tabid/36/language/en-ZA/Default.aspx

 

 

 

 

 

 

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Werk en studeer saam: Pak dit só aan
Dit is moontlik, maar nie maklik nie. Hier is ses wenke om jou te help: * Selfmotivering Dit is moeilik om gemotiveer te bly as mens te besig is. Bly in aanraking met jou medestudente en bly op die hoogte van alles deur hulle te kontak as iets belangrik voorlê.   * Stel doelwitte en […]
Werk is ʼn aksie, nie ʼn plek
Anja van den Berg   Mense werk deesdae op baie meer verskillende maniere as wat hulle 20 jaar gelede gedoen het. Tele-pendel (“telecommuting”), modulêre werk- en proses-ontwerpe, globale spanne wat 24/7 werk, kweekplekgedrewe organisatoriese modelle en uitgebreide opsies om werk na behoefte aan te pas is vinnig besig om die norm te word. Die dae […]
2017-sukses: Wen klein en hou aan beweeg!
Anja van den Berg   Wil jy vanjaar gewig verloor? Dalk ’n nuwe werk kry? Meer gehaltetyd met jou gesin inruim? As dit vir jou moeiliker is om Nuwejaarsbesluite uit te voer as om dit te neem, is jy nie alleen nie. Kom ons skakel die misluksituasie om in deurlopende vordering en sukses!   Wen klein, wen […]
1 2 3 48