By Anja van den Berg
Die vooruitgang in tegnologie het die wyse waarop mense hulle alledaagse lewens, insluitend dié in die werkplek, leef, dramaties verander.
Al hoe meer maatskappye is besig om hulle tegnologie op te gradeer om by te bly met die digitale transformasie.
Te danke aan die snelle uitbreiding van outomatisering en kunsmatige intelligensie (KI) tegnologie, kan eentonige en tydrowende take nou meer doeltreffend verrig word met dieselfde – of beter – resultate.
Die opkoms van KI-intelligensie is egter nie sonder slaggate nie.
Die mees kommerwekkende kwessie voortspruitend uit outomatisering is dat dit beroepe wat deur mense beklee word, sal oorneem. Aangesien gesofistikeerde tegnologie die werk vinniger kan doen en meer akkurate resultate lewer – en goedkoper as wat mense dit doen – voorspel dit dat baie van ons se werk in die spervuur gaan beland.
ʼn Studie deur Deloitte voorspel dat robotprosesseringsoutomatisering (RPA) in die komende sewe jaar 16% van huidige mannekragrolle gaan vervang. Die studie het bevind dat terwyl 32% van maatskappye voorbereid is vir die implikasies van RPA-tegnologie, slegs 12% voorbereid is vir die menslike (en menslike hulpbronne) implikasies.
Monster.com verduidelik hoe maatskappye hulle arbeidsmag vir die realiteite van outomatisering kan voorberei:
Instellings mag dit moeilik vind om te antisipeer watter KI-transformasie areas van hulle arbeidsmag sou kon ontwrig indien hulle nie ʼn duidelike begrip het van verskuiwende neigings en ontwikkelings nie. Leierskap moet veranderings analiseer wat hulle arbeidsmag in die afgelope jare ondergaan het. Van daar moet hulle kennis neem van enige areas waarin ʼn groter behoefte bestaan aan talent en vaardigheidsontwikkeling. Leierskap moet ook op hoogte bly van die jongste neigings en innoverings in die bedryf om risikofaktore vroeg te identifiseer. Indien die organisasie sien dat wydverspreide outomatiseringstelsels op areas van hulle besigheid ʼn impak maak, mag dit ʼn teken wees dat hulle te lank gewag het om op te tree.
In vandag se kennisgebaseerde ekonomie, ervaar baie werkers dat ʼn universiteitsgraad nie meer voldoende is om hulle met die vaardighede toe te rus wat hulle vir hulle loopbaanleeftyd sal benodig nie. Vandag moet leer ʼn lewenslange proses wees. Arbeidsmagte moet voortdurende nuwe vermoëns ontwikkel om in die arbeidsmark kompeterend te bly. Sagte vaardighede – byvoorbeeld kritiese denke, empatie, onderhandeling en kreatiwiteit – word al hoe belangriker. Dit is vaardighede wat robotte en outomatisering nie kan repliseer nie. Bestuurders moet ook sterk oorweeg om opleiding in mediasie, spanbou en empatie aan te bied om werknemers te help om die sagte vaardighede te versterk wat hulle sal benodig om hulle te onderskei.
Wanneer gekonfronteer met die onvermydelike seismiese verandering wat KI gaan veroorsaak, sal organisasies waarde heg aan ʼn talentpoel met ʼn mengsel van talente. Maatskappye kan begin om maniere te ondersoek om werknemers te ondersteun in die opbou van nuwe vaardighede en die leer van unieke spesialiteite om die vooruitgang in tegnologie te kan komplementeer. Dit kan begin deur werkgewers toe te rus met nuwe gereedskap om vaardigheidsontwikkeling te fasiliteer. Laat werknemers – en nie net dié wat in ʼn IT-hoedanigheid werk nie – leer hoe om koppelvlakverwerking (“interface”) met data te verrig deur kodering onder die knie te kry.
Kunsmatige intelligensie sal toenemend met ons wêreld en ons werk integreer. Studente wat vir ʼn graadprogram inskryf, mag vind dat hulle gekose bedryf totaal verander het vanaf hulle eerste dag in die lesingsaal tot hulle laaste. Dit was nog nooit so belangrik om professioneel aanpasbaar te wees nie.
Bronne:
Pew Research Centre: https://www.pewinternet.org/2017/05/03/the-future-of-jobs-and-jobs-training/
HRinasia.com: https://www.hrinasia.com/general/welcoming-the-industry-4-0-how-to-prepare-the-workforce-for-automation/
HR Technologist: https://www.hrtechnologist.com/articles/leadership-succession/5-ways-for-managers-to-prepare-for-the-future-of-work/
Oops! We could not locate your form.