9 dinge om jou LinkedIn-profiel en CV te laat uitstaan

Dinsdag, November 8th, 2016

Ongeag of jy ’n ander werk soek of nie, dit is altyd ‘n goeie idee om seker te maak jou LinkedIn-profiel en CV is altyd op datum en so professioneel as moontlik. Uit persoonlike ondervinding – jy weet nooit wanneer die werk wat jy vandag het, môre dalk nie meer daar sal wees nie.

Hier is nege dinge wat jy nou al kan doen om jou LinkedIn-profiel en CV regtig uitstekend te maak:

 

  1. Los maar die persoonlike inligting

Verwyder werklik persoonlike inligting soos geboortedatum, etnisiteit, godsdienstige affiliasie, redes waarom jy jou vorige werk verlaat het, of ander onnodige inligting.

 

  1. Vul die gapings in jou werkervaring

Die meeste van ons het soms diensonderbrekings – groot of klein. In plaas daarvan om dit so te laat sodat almal dit kan sien, vul hierdie gapings met ondervinding van vrywillige werk, ’n internskap of ’n ander aktiwiteit wat sal wys dat jy nie ses maande lank gesit en TV kyk het nie.

 

  1. Gebruik ’n PDF-lêer – nie ’n Word-lêer nie

As jy ’n elektroniese weergawe van jou CV stuur, maak seker dit is ’n PDF-lêer en nie ’n Word- of ander woordverwerkingslêer nie. Die formattering van ’n PDF op byna alle rekenaars sal dieselfde lyk, maar verskillende rekenaars kan woordverwerkingslêers dramaties anders laat lyk.

 

  1. Gee jou e-posrekening ’n professionele voorkoms

Moenie jou alte prettige e-posadres van skool of universiteit (byvoorbeeld corksniffer212@aol.com) gebruik nie – kies ’n e-posadres wat op jou naam gebaseer is en wat professioneel lyk.

 

  1. Oppas vir spelfoute en swak taalgebruik – maak dubbel seker

Met talle speltoetsers en aanlyn woordeboeke wat orals beskikbaar is, is daar regtig geen verskoning vir foute in jou LinkedIn-profiel of CV nie. Laat ’n betroubare vriend, familielid of kollega dit nagaan, net om seker te maak.

 

  1. Sluit ’n professionele foto in

As jy ernstig wil lyk vir ’n voornemende werkgewer, is dit goed om geld uit te haal vir ’n professionele foto – verkieslik kop en skouers. Dit geld net vir LinkedIn – tensy jy aansoek doen om ’n akteur of model te word, moet jou CV geen foto bevat nie.

 

  1. Hou dit eenvoudig

Vermy allerhande vreemde lettertipes en kleure in jou gedrukte CV. Hou by die Times New Roman-lettertipe en 11- of 12-puntgrootte. Jou naam en die opskrifte kan effens groter wees, maar moenie meegevoer raak nie.

 

  1. Verskaf ’n beknopte lys van pligte

Moenie jou CV of LinkedIn-profiel met bladsye en bladsye pligte en take oorlaai nie. Gee net die kern van elke werk – fokus op die dinge wat jy gedoen het om werklik waarde tot jou maatskappy te voeg.

 

  1. Vermy generiese postitels

Party maatskappye het postitels wat besonder onbeskrywend is, soos “bestuurder” of “klerk”. ’n Voornemende werkgewer sal wonder, “Bestuurder van wat?” of “Watter soort klerk?” As jy ’n generiese postitel het, vul dit aan op ’n manier wat verduidelik presies wat jy doen.

 

Bron: Inc.com

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Hoe om met ‘n Jekyll-en-Hyde-baas te werk
Anja van den Berg   Jy kan nie jou baas heeltemal kleinkry nie. Soms is hy maats met jou en innemend; ander kere verkleineer hy jou voor die span. Hoe hanteer mens ʼn bestuurder wat soos Doktor Jekyll en Meneer Hyde optree? “Die briljantste entrepreneurs, leiers en base verander van gedagte. Hulle roem daarop dat […]
Sal robotte teen 2025 jou werk oorneem?
Anja van den Berg   Van motors wat hulself bestuur tot sogenaamde ‘carebots’ vir bejaardes, verteenwoordig snelle vooruitgang in tegnologie reeds lankal ʼn potensiële bedreiging  vir baie beroepe wat normaalweg deur die menslike arbeidsmag uitgevoer word. Kundiges glo nou dat bykans 50% van beroepe wat tans bestaan, teen 2025 geheel en al oorbodig sal wees […]
Hoër salaris of korter pendelroete? Daar is ’n duidelike wenner
Amy Morin   Die glans van ’n groter salaristjek kan dit aanloklik maak om ‘n langer pendelroete te aanvaar. Dit is ’n dilemma waarvoor die meeste mense vroeër of later te staan kom. Hoeveel meer moet jy betaal word vir ’n pendelrit van ’n ekstra 30 minute? Hoeveel is jou tyd regtig werd? Jy is […]
1 2 3 51