Aptekerwese: Dit gaan nie net oor pille tel

Donderdag, Februarie 2nd, 2017

Karen van der Berg

As jy ’n passie het om siek mense te help en ʼn groot belangstelling in mediese sake het, kan aptekerswese dalk net die loopbaan wees vir jou. Daar is juis ʼn tekort aan aptekers in Suid-Afrika. Die werkmoontlikhede is groot.

Tiaan Aggenbach (30) van Bloemfontein vertel meer oor sy loopbaan as  ʼn apteker. Hy het vyf jaar gelede gekwalifiseer.

“Ek was nog altyd gefassineer deur mediese stories en onderwerpe, maar ek wou nooit ʼn dokter word nie. Ek was nog nooit spyt oor my keuse nie.”

Hy sê daar is ʼn groot aanvraag na aptekers, so die verskeidenheid van plekke waar ʼn mens kan gaan werk is groot.

“Wat ook lekker van ons beroep is, is hoe meer ervaring jy opdoen, hoe beter die salaris wat jy kan verwag.”

Vir Tiaan is dit ook ʼn baie menslike beroep.

“Dit is baie lekker om ʼn betekenisvolle verskil in mense se lewe te maak. Dit verskaf baie vreugde aan my as mense terugkom en kom terugvoer gee oor hoe spesifieke medikasie hulle gehelp het of hoe wonderlik dit was toe ek hulle in ʼn noodgeval bygestaan het.”

Een van die groot uitdagings van die beroep is die verantwoordelikheid om baie akkuraat te kan werk. “Die verkeerde medisyne kan baie negatiewe gevolge hê. Daar is baie druk om alles presies reg te doen.”

Opleiding

Tiaan sê die meeste universiteite in Suid-Afrika bied ’n graad in farmakologie aan, wat vier jaar duur. Vakke sluit chemie, fisika, anatomie, biochemie, organiese chemie, patologie en verskeie farmakologiese vakke in. Studente mag ná hul eerste studiejaar as ’n aptekersassistent registreer. Hulle kan dan deeltyds in ’n apteek onder die wakende oog van ’n geregistreerde apteker werk. Nadat jy graad gekry het, moet jy ’n jaar lange praktiese opleidingsperiode deurloop. Daarna moet jy nog ’n jaar verpligte gemeenskapsdiens in die openbare hospitaalsektor voltooi, voordat jy as ’n apteker kwalifiseer. Jy kan ook ná die vierjaargraad ’n meestersgraad van twee jaar volg.

Sy wenke aan studente wat die loopbaan oorweeg is:

  • wees voorbereid daarop om baie ure agter jou boeke deur te bring; die kursus verg baie studietyd en die program is baie vol;
  • lees mediese tydskrifte en joernale vir bykomende inligting oor die vakgebied en nuwe ontwikkelinge in die mediese veld;
  • as iemand jou raad nodig het en jy is nie heeltemal seker nie, moenie huiwer om een van jou medeaptekers te raadpleeg nie; daar word nie van jou verwag om alles te weet nie;
  • doen soveel moontlik praktiese ondervinding op terwyl jy studeer; dit kan baie deure vir jou oopmaak; en
  • doen moeite om jou pasiënte te leer ken want jy kan ʼn lang pad saam met hulle stap.
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Wil jy graag jou eie baas wees? Vra dan eers jouself die regte vrae
Anja van den Berg   Die meeste mense begryp dat besigheidskennis nodig is om ʼn besigheid te bedryf, maar die meeste suksesvolle besigheidseienaars het ook bykomende vaardighede en eienskappe wat ʼn suksesvolle besigheid aanhelp. Voordat jy besluit om met ʼn besigheid te begin, moet jy nadink oor watter eienskappe jy het, hoe jou kop werk […]
Die kliënt kom altyd eerste
Karen van der Berg   Die noodsaaklikheid om goeie verhoudings met kliënte te bou, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is deur hierdie verhoudings wat jy werklik jou kliënte se behoeftes begin verstaan. Hannes Venter van Global & Local Inc., ’n konsultant wat hulp aan klein ondernemings bied, het vyf goue reëls om goeie […]
Voortdurende veranderings in die werkplek
Anja van den Berg   In die 1960’s het die werkplek gewentel om ʼn nege-tot-vyf-werkdag, mans het hulle vroue en kinders tuis onderhou, en werk het gewoonlik fisiese arbeid behels. Personeel het by die werk gerook – selfs in die kantoor – en daar was geen voorskrifte vir korrekte etiket in die personeelkombuis nie, aangesien […]
1 2 3 53