Deur Essie Bester
Openbare redevoering word beskou as die nommer een-vaardigheid wat nodig is vir sukses in vandag se sakewêreld. Tog laat net die blote gedagte om voor ʼn groep mense op te staan en iets te sê die meeste van ons in koue sweet uitslaan.
Die vrees om in die openbaar op te tree, ook genoem optreeangs, is ‘n algemene angs wat byna almal in ʼn sekere mate affekteer. Dit kan jou selfbeeld en selfvertroue negatief beïnvloed. As dit onbeheer gelaat, kan dit selfs ʼn andersins belowende loopbaan ontspoor.
Alhoewel dit onmoontlik is om optreeangs heeltemal te oorkom, is daar heelwat wat jy kan doen om jou emosies te beheer en angs te verminder. Jy het egter ʼn strategie nodig:
Die fisiologiese reaksies wat ons ervaar wanneer ons voor mense moet optree, is die gevolg van ʼn reaksie op bedreiging wat diep in ons brein vasgevang is. Wanneer ons ʼn aanbieding moet maak, hanteer ons brein die gebeurtenis soos ʼn bedreiging en die veg-of-vlug-reaksie wat ons voorouers so goed gedien het, word geaktiveer.
Kognitiewe sielkundiges sê die geheim is dat jy die reaksie moet herformuleer en sien as ʼn uitdaging. Verstaan waar daardie gevoelens vandaan kom − jou liggaam maak gereed om op sy beste te presteer.
Sommige studies toon dat mense wat meld dat hulle angstig voel voordat hulle ʼn toets aflê of ʼn toespraak hou, dikwels beter vaar as diegene wat sê dat hulle glad nie stres ervaar nie.
Die les hieruit is dat ons die gevoelens van angs as ʼn positiewe, natuurlike reaksie moet erken, dit moet vier omdat dit daar is om ons te help, maar dat ons nie daarby moet gaan stilstaan nie.
ʼn Studie deur die Universiteit van Columbia dui daarop dat die gebruik van jou voornaam om met jouself te praat tot beter emosionele regulering lei. Met ander woorde, angs neem af en selfvertroue neem toe. Vervang dus die ”ek” deur jou naam wanneer jy weer met jouself praat en distansieer jouself só geestelik van die gebeurtenis wat jy vrees.
Militêre instrukteurs leer elite militêre kommandolede om kalm te bly onder druk deur hulle die diepsemhalingstegniek te leer. Dié tegniek, wat jou brein se veg-of-vlug-reaksie beheer, sê vir jou brein om kalm te bly en sal jou na ʼn topoptreetoestand neem.
Dit werk so: Haal eers vir vier tellings diep asem deur jou neus. Tweedens, hou jou asem vir vier sekondes in. Asem uiteindelik vir vier sekondes uit. Herhaal vier keer.
Nog wenke sluit die volgende in:
Om jou vrese te konfronteer en maniere te vind om dit te verminder en te bestuur, kan bemagtigend wees. Bogenoemde wenke kan daarmee help. Maar as dit nie help nie, praat met ʼn berader of terapeut wat opgelei is in die behandeling van angskwessies.
Bronne
https://www.goodtherapy.org/blog/psychpedia/performance-anxiety
https://www.webmd.com/anxiety-panic/guide/stage-fright-performance-anxiety
Foto krediet: Karolina Grabowska | Pexels
Oops! We could not locate your form.