Hierdie deel is waarskynlik die belangrikste gedeelte van jou CV. Die fokus van hierdie gedeelte is om jou professionele bydrae en doelwitte op te som vir die persoon wat jou CV ontvang. Hierdie is nie jou dekbrief nie. Beperk jou teks tot een kort paragraaf van maksimum 90 woorde.
Jongste inligting kom eerste. Jy kan in een sin uitbrei oor hoe die betrokke kwalifikasie tot jou huidige loopbaankeuse, oftewel die keuse van die pos waarvoor jy aansoek doen, bydra het.
Kursus/kwalifikasie/graad – Jaar voltooi Universiteit/opleidingsinstelling se naam Bv. M.Tech Strategiese Kommunikasie 2014 Instansie Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) Navorsing voltooi The perceived effectiveness of communication with visually impaired employees in the South African working environment
Kursus/kwalifikasie – Jaar voltooi Kollege se naam Bv. Crucial Conversation 2015 VitalSmarts
Skoolopleiding (matriek) – Jaar voltooi Skool se naam Bv. Matriek 1996 Hoërskool Hendrik Verwoerd
Jongste inligting kom eerste. Vul hierdie inligting so volledig as moontlik in en maak seker daar is geen oop tydgleuwe nie. Pas jou CV aan vir elke nuwe pos waarvoor jy aansoek doen om jou sleutelvaardighede deurlopend relevant te hou.
Dit is jou persoonlike vaardighede oftewel jou sterkpunte wat relevant is tot die pos waarvoor jy aansoek doen.
Dit is tegniese vaardighede byvoorbeeld Microsoft Word, Excel, PowerPoint. Lys dit wat die relevantste is vir die pos waarvoor jy aansoek doen, eerste.
Verwysings beskikbaar op aanvraag.
Indien jy tydens jou onderhoud verwysings moet deurgee, gebruik die volgende inligting van die persoon:
Oops! We could not locate your form.