Dié beroepe gaan aanhou bestaan en groei

Maandag, Februarie 22nd, 2016

Karen van der Berg

 

 

Met tegnologiese verandering, die vinnig ontwikkelende digitale era en rekenaars wat deesdae byna alles kan doen, is dit belangrik om seker te maak dat die beroep wat jy beoefen of beplan om te beoefen, oor die volgende dekades steeds in aanvraag sal bly.

’n Studie deur die Amerikaanse onderneming Kliplinger, wat besigheidsvooruitskattings doen, toon daar is baie beroepe wat nie net gaan aanhou bestaan nie, maar ook gaan groei. Luidens die studie is daar veral 10 beroepe wat gaan groei. Solidariteit het ook met ’n Suid-Afrikaanse kenner gesels om uit te vind hoe plaaslike vooruitskattings daar uitsien.

 

Spraakterapeute

Die gesondheidsbedryf is een wat altyd in aanvraag sal bly. Luidens Kliplinger sal veral spraakterapeute in aanvraag wees. Mense wat ouer word, beroertes kry en aan gehoorverlies ly, is van die redes. Daar word ook meer aandag gegee aan kinders wat aan spraakprobleme ly.

 

Gemeenskapsbestuurders

Kenners reken die bedryf sal groei namate maatskaplike probleme in die samelewing meer word en al hoe meer mense by gemeenskapsprojekte betrokke raak.

 

Rekenaaringenieurs

Ons lewe in ’n tegnologiese wêreld en rekenaars is die toekoms. Mense wat ’n uitstekende kennis van rekenaars het met die gepaste graad daarby, sal in aanvraag bly.

 

Apps ontwikkel

Selfone ontwikkel teen ‘n snelle pas. Die vraag na mobiele tegnologie is hoog en selfoonmaatskappye wil almal die beste nuwe apps aanbied. Volgens die studie deur Kliplinger maak 70% van maatskappye gebruik van die een of ander mobiele strategie en almal het tegniese persone nodig wat dit kan beheer.

 

Verpleegsters

Mediese voortuitgang, beter voorsorgmaatreëls en bevolkings waarin mense al hoe ouer word, gaan beteken dat meer verpleegters benodig gaan word.

 

Rekenaar- en inlgtingveiligheid

Danksy briljante kuberkrakers en diewe wat daarop uit is om sensitiewe inligting van rekenaars af te steel, gaan beroepe in rekenaarveiligheid toeneem. Toenemende digitale gevare noodsaak groot ondernemings en regeringsdepartemente om hulle inligting te beveilig.
Gesondheidsorgbestuurders

Soos in die geval van verpleegsters, gaan die mediese tegnologie ook vir groei in die bedryf sorg. Meer bestuurders sal aangestel moet word om gesondheidsorgfasiliteite te beman.

 

Sonarspesialiste

Die gebruik van sonars om mense se ingewande medies te ondersoek, raak al hoe gewilder. Die koste aan sonars is minder as inwendige prosedures en is in baie gevalle ’n veiliger opsie. Met die mediese vooruitgang sal sonars al hoe meer gebruik word.

 

Fisioterapeute

Baie fisioterapeute sal in die toekoms benodig word namate die behoefte aan sorg vir mense wat hartaanvalle en beroertes kry, toeneem. Meer en meer mense oorleef hartaanvalle en beroertes en het nasorg nodig.

 

Finansiële raadgewers

Die ekonomie is stram en gaan strammer word. Mense het ’n bewustheid ontwikkel dat raadgewers hulle geldelike posisie kan verbeter.

 

Suid-Afrikaanse blik

Henk Prinsloo, ’n besigheidsontwikkelaar van Kaapstad, sê die 10 beroepe wat deur Kliplinger saamgestel is, is ook van toepassing op Suid-Afrika se toekoms, maar daar is tog hier en daar ’n paar verskille.

“In Suid-Afrika bly die uitdaging om ’n beroep te kies waarin daar baie poste beskikbaar is, en om dit te identifiseer, moet ’n mens kyk na die tekort in vaardighede.”

Hy stem egter saam dat die rekenaarbedryf, gesondheidsorg en spesifieke ambagte beslis in aanvraag sal bly.

 

Bron: www.kliplinger.com

  •  
  •  
  •  
  •  
  • SAHuisvrou

    Mmmm, wonder of boere dan onnodig sal raak….

Ander Artikels

Mediese wetenskaplike: Wat behels dié beroep?
Karen van der Berg   Vir prof. Gerhard Walzl is mediese navorsing soos om lid van ʼn aflosspan te wees – die aflosstok moet aangegee word om die momentum te behou. Prof. Walzl is die hoof van die Universiteit Stellenbosch se Departement van Biomediese Wetenskappe. Maar wat behels ʼn mediese wetenskaplike se beroep? Vir hom […]
Wat behels ʼn beroep in die onderwys werklik?
Cyril Blackburn   Om ʼn onderwyser te wees, is ʼn edele beroep: Elke onderwyser het gedurende sy of haar loopbaan die geleentheid om ander te help ontwikkel en ʼn daadwerklike impak te maak sodat ʼn diverse groep leerders hulle volle potensiaal kan bereik. Die onderwys is ongelukkig ook een van die beroepe met die meeste […]
Tegnologie sal baie dokters, prokureurs en ander vakkundiges vervang
Richard Susskind en Daniel Susskind   Teen die agtergrond van die bewering dat kunsmatige intelligensie (KI) en robotte sit en wag om die grootste deel van vandag se werkmag  te vervang, glo die meeste van vandag se hoofstroomvakkundiges ─ dokters, prokureurs, rekenmeesters, ensovoorts ─ dat hulle grootliks ongeskonde anderkant sal uitkom. Tydens ons konsultwerk en […]
1 2 3 55