Deur Anja van den Berg
Toptalent het meer en beter mentorskap nodig as wat hulle tans kry.
Volgens ʼn aktuele studie is die aanbod-vraag-wanbalans ernstig: hoewel 75% van alle professionele mense mentors wil hê, het net 37% een.
Die meeste mentors het ook nie so ‘n opmerklike impak as wat hulle wil hê nie: hul aandag is meesal eng op loopbaanbevordering gefokus.
Die meeste navorsing is gekonsentreer op hoe mentorskap in die werkplek beoefen word en hoe maatskappy wye programme geadministreer word, sê Rick Woolworth.
Woolworth is ʼn medestigter van ʼn maatskappy met ʼn missie om ontluikende leiers te mentor.
Hy voeg by dat daar ʼn merkwaardig klein poel van analise of advies is oor hoe om die persoon as geheel te mentor. Mentorskapstudies sluit selde besprekings in oor gedrag, waardes, verhoudings, finansies en selfs geestelike lewe in.
Dit verg meer moeite, meer tyd en selfs meer denke om die hele persoon te mentor. Die holistiese benadering is dramaties meer effektief om mense te help om hul ware potensiaal te verwesenlik.
ʼn Waardevolle area wat ondersoek kan word, is die mentorling se aangebore gawes, houdings, persoonlikheidstrekke en passies. In wese, as die mentor, moet jy jou mentorling se sielkundige gereedskap uitpak. Help hom om self-bewussyn te bereik deur voordeel uit persoonlikheidsbeoordelingstoetse te trek. Dit sluit in Myers-Briggs, die Enneagram- persoonlikheidsbeoordeling in, en Johnson O’Connor se aanlegtoetse.
Effektiewe mentors ontwikkel ʼn versameling deurtastende vrae oor verskeie onderwerpe. Dikwels kan ʼn mentorling hom self help om ʼn probleem te oorkom as hy eers begin dink oor alternatiewe. Indringende vrae is die ideale manier om hom te leer hoe om vis te vang. Op-die-punt-af-vrae kan hom in staat stel om verskuilde kwessies te identifiseer en self met ʼn aksieplan na vore te kom.
Die volgende is voorbeelde:
Van al die maniere waarop mens jou tyd kan deurbring, het mentorskap een van die hoogste opbrengste op belegging, beklemtoon Woolworth. “Dit stel jou in staat om alles wat jy geleer het voort te dra en die volgende geslag leiers te vorm.”
Deur die hele persoon te mentor en julle gesprekke nie net tot loopbaansake te beperk nie, sal jy in die jare wat kom ʼn selfs meer beduidende impak op jou mentorlinge hê ─ en op almal wat hulle beïnvloed.
Bronne
Harvard Business Review: https://hbr.org/2019/08/great-mentors-focus-on-the-whole-person-not-just-their-career
Olivet Nazarene University: https://online.olivet.edu/research-statistics-on-professional-mentors
Oops! We could not locate your form.