Hoe om deeltydse werk vir jóú te laat werk

Woensdag, November 9th, 2016

Anja van den Berg

 

Deeltydse werk het definitief ʼn toekoms, op internasionale sowel as plaaslike vlak.

In die eerste plek beteken oorskakeling na ʼn deeltydse benadering nie dat jy nie in jou loopbaan sal vorder nie. So ʼn reëling het uitdagings, maar baie wegbrekers is besig om te bewys dat hierdie struikelblokke nie onoorkomelik is nie

 

“Die meeste professionele mense begin om deeltyds te werk om oplossings in hul lewens te kry,” sê Vivian Corwin, spesialisskrywer vir Harvard Business Review. “Hulle het jong kinders, wil ʼn MBA behaal of moet vir bejaarde ouers sorg.”

 

Maar heeltemal te dikwels skep deeltydse werk net soveel probleme as wat dit oplos, voeg Corwin by. “In die bestegeval-scenario werk baie deeltyders langer ure as wat hulle wou. In die swakste geval, sien hulle hoe hulle waarde vir hul organisasies stadig maar seker wegkwyn.”

 

Die goeie nuus is dat ʼn stewige aantal maatskappye hard op soek is na deeltydse werkers ─ en daar word verwag dat hierdie getal in die komende jare sal styg, sê Laura Shin, deskundige bydraer tot Forbes Magazine. “Byna een uit elke vyf werkers is deeltyds en Emergent Research en Intuit voorspel dat dit teen 2020 tot 40% sal styg.”

 

Ten spyte daarvan dat sommige deeltydse professionele mense enkele komplikasies ervaar het, het hulle strategieë gevind wat werk. “Oor die afgelope twee jaar het ons deeltydse werk nagevors as deel van ʼn breë navorsingsprojek wat kwessies rondom werk-lewe-balans ondersoek,” verduidelik Corwin, met verwysing na ʼn span gespesialiseerde navorsers. “Ons het onderhoude gevoer met 30 deeltydse professionele mense sowel as 27 van hul kollegas en bestuurders. Ons proefgroep het onder andere ingenieurs, finansiële analiste, spesialiste in inligtingstegnologie en konsultante ingesluit.”

 

Die span se navorsing het sterk ooreenkomste blootgelê in die benaderings van suksesvolle professionele mense. Kom ons kyk na die strategieë wat deeltyders bedink het om ʼn sukses van hul unieke status te maak:

 

  • Strategie 1: Suksesvolle deeltydse professionele mense is openlik met die organisasie oor hul werk-lewe-prioriteite, hul skedules sowel as hul toekomsplanne.
  • Strategie 2: Suksesvolle deeltydse professionele mense wys baie duidelik op die besigheidsgevalle vir hul reëlings en die nie-ontwrigtende ─ selfs positiewe ─ uitwerking op resultate en opbrengs.

 

  • Strategie 3: Suksesvolle deeltydse professionele mense stel roetines vas om hul werktyd te beskerm en skep rituele om hul tyd by die huis te beskerm.

 

  • Strategie 4: Suksesvolle deeltydse professionele mense soek promotors in die senior bestuur wat hulle nie net teen skeptici beskerm nie maar hulle aktief op en af met die geledere langs aanprys vir hul reëlings.

 

  • Strategie 5: Suksesvolle deeltydse professionele mense herinner hul kollegas kalm maar beslis daaraan dat hulle, ten spyte van hul deeltydse status, steeds deelneem en nie geïgnoreer kan word nie.

 

“Daar is ʼn sekere tipe bestuurder ─ dikwels ouer en manlik ─ wat fleksiewerk beskou as ʼn teken dat ʼn persoon nie toegewyd is nie,” sê professor Cary Cooper, ʼn deskundige in organisatoriese sielkunde en gesondheid by die Lancaster University Management School. “Dit kan aanleiding gee tot die persepsie dat hulle nie ‘behoorlike werk’ lewer nie en dit kan hul vooruitsigte op bevordering benadeel.”

 

“Die vraag,” voeg Cooper egter ferm by,” moet wees lewer hulle resultate? Mense moenie geoordeel word aan hoeveel uur hulle op kantoor deurbring nie maar aan hoeveel hulle gedoen kry.”

 

Bronne

 

Anna Browning, 2013, “Can you be part-time and powerful?”, BBC News Magazine, http://www.bbc.com/news/magazine-22461411

 

Laura Shin, 2015, “Want To Work From Home Part-Time? These Are The Top 35 Companies Hiring In 2016”, Forbes, http://www.forbes.com/sites/laurashin/2016/07/11/want-to-work-from-home-part-time-these-are-the-top-35-companies-hiring-so-far-in-2016/#12c4b34a4f2c

 

Vivien Corwin, 2010, “Five Strategies of Successful Part-Time Work”, Harvard Business Reviewhttps://hbr.org/2001/07/five-strategies-of-successful-part-time-work?cm_sp=Topics-_-Links-_-Read%20These%20First

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Mediese wetenskaplike: Wat behels dié beroep?
Karen van der Berg   Vir prof. Gerhard Walzl is mediese navorsing soos om lid van ʼn aflosspan te wees – die aflosstok moet aangegee word om die momentum te behou. Prof. Walzl is die hoof van die Universiteit Stellenbosch se Departement van Biomediese Wetenskappe. Maar wat behels ʼn mediese wetenskaplike se beroep? Vir hom […]
Wat behels ʼn beroep in die onderwys werklik?
Cyril Blackburn   Om ʼn onderwyser te wees, is ʼn edele beroep: Elke onderwyser het gedurende sy of haar loopbaan die geleentheid om ander te help ontwikkel en ʼn daadwerklike impak te maak sodat ʼn diverse groep leerders hulle volle potensiaal kan bereik. Die onderwys is ongelukkig ook een van die beroepe met die meeste […]
Tegnologie sal baie dokters, prokureurs en ander vakkundiges vervang
Richard Susskind en Daniel Susskind   Teen die agtergrond van die bewering dat kunsmatige intelligensie (KI) en robotte sit en wag om die grootste deel van vandag se werkmag  te vervang, glo die meeste van vandag se hoofstroomvakkundiges ─ dokters, prokureurs, rekenmeesters, ensovoorts ─ dat hulle grootliks ongeskonde anderkant sal uitkom. Tydens ons konsultwerk en […]
1 2 3 55