Jou aanlynteenwoordigheid is ’n verlengstuk van jou CV

Woensdag, Maart 9th, 2016

Anja van den Berg

 

 

Sosiale media speel deesdae ʼn sleutelrol in die arbeidsmark en het ’n platform geskep waarop bykans enigiemand ’n positiewe (of ongunstige!) beeld kan uitstraal.

Webwerwe soos Facebook, Twitter, LinkedIn en Google+ gee werkgewers ʼn kans om te kyk wie jy nou eintlik buitekant jou CV, dekbrief en onderhoud is, en dit bied werknemers en kandidate ook die geleentheid om die maatskappye waarin hulle belangstel, te verstaan. Hierdie platforms maak dit ook vir professionele persone moontlik om met huidige en voormalige kollegas te skakel, werksgeleenthede uit te snuffel en direkte toegang tot die gedagtes en menings van meningsvormers op hul belangstellingsterreine te verkry.

Peggy Drexler, spesialisskrywer vir Forbes Leadership, onderstreep dat sosiale media ons op verskillende maniere toegankliker gemaak het vir mekaar en terselfdertyd ook meer aanspreeklik. “Maar”, waarsku sy, “sosiale media kan ook die weg vir loopbaanprobleme baan.” Sosiale media kan nou wel ʼn uitstekende manier wees waarop werksoekers hulself kan bemark, maar talle firmas besoek dieselfde platforms ook vir nie-amptelike keuringsdoeleindes. “Terwyl jy besig is om jou persoonlike beeld te poleer, is potensiële werkgewers besig om dit te gebruik om te voorspel wattter werknemer jy sou kan wees,” verduidelik Drexler.

ʼn Ontleding deur careerbuilder.com het bevind dat byna alle werkgewers sosiale netwerkwerwe gebruik om navorsing oor aansoekers te doen en dat hulle diegene verwerp wie se profiele op sosiale media uitlokkende foto’s bevat, bewyse van dwelm- of drankgebruik, negatiewe berigte oor vorige werkgewers of medewerkers of kommentaar wat as rasse-, geslags- or ouderdomsvooroordele vertolk kan word. Werkgewers raadpleeg sosiale media ook om hul bestaande werknemers te moniteer en om op hulle te reageer.  Daarbenewens sou aanduidings van baie tyd en energie wat aan sosiale media gewy word, jou werkgewer bekommerd kan maak – veral as jy nie jou beroepsverantwoordelikhede nakom nie.

Die oplossing is nie om jou teenwoordigheid in die sosiale media geheel en al prys te gee of permanent van lyn af te gaan nie. Ruim liewer jou aanlynhuis op en bring dit sover moontlik in ooreenstemming met die beeld wat jy van jouself as ʼn professionele persoon probeer skep. “Dis in orde om iemand te wees wat van pret hou, of sarkasties is, of selfs soms effens ondermynend,” sê Drexler. Mense is kompleks. Maar, verduidelik sy, dis belangrik om sulke berigte te balanseer met waarnemings, kommentaar of foto’s van ’n ernstiger aard. “Onthou altyd dat jou aanbieding van jouself in sosiale media nie anders is as hoe jy jou tydens ’n werksonderhoud of op kantoor voordoen nie.”

 

Bronne:

 

Annette Richmond, 2013, “Don’t Let Social Media Derail Your Career – Use It To Attract Potential Employers”, Forbes Leadership, http://www.forbes.com/sites/85broads/2013/11/21/dont-let-social-media-derail-your-career-use-it-to-attract-potential-employers/

 

Deborah L. Jacobs, 2014, “How An Online Reputation Can Hurt Your Job Hunt”, Forbes, http://www.forbes.com/sites/deborahljacobs/2013/05/17/how-an-online-reputation-can-hurt-your-job-hunt/

 

Emma Sadleir en Tamsyn de Beer, 2014, “Don’t film yourself having sex – and other legal advise for the age of social media”, South Africa: Penguin Books, http://penguinbooks.co.za/book/dont-film-yourself-having-sex/9780143538943

 

Jacquelyn Smith, 2013, “How Social Media Can Help (Or Hurt) You In Your Job Search”, Forbes Leadership, http://www.forbes.com/sites/jacquelynsmith/2013/04/16/how-social-media-can-help-or-hurt-your-job-search/

 

Kimberly Kasper, 2012, “Jobvite Social Recruiting Survey Finds Over 90% Of Employers Will Use Social Recruiting In 2012”, Jobvite, http://www.jobvite.com/press-releases/2012/jobvite-social-recruiting-survey-finds-90-employers-will-use-social-recruiting-2012/

 

Michael Erwin, 2013,More Employers Finding Reasons Not to Hire Candidates on Social Media, Finds CareerBuilder Survey”, CareerBuilder, http://www.careerbuilder.com/share/aboutus/pressreleasesdetail.aspx?sd=6%2f26%2f2013&siteid=cbpr&sc_cmp1=cb_pr766_&id=pr766&ed=12%2f31%2f2013

 

Network Recruitment, 2011, “May employers have a peek at profiles?”, http://www.networkrecruitment.co.za/our-blog/may-employers-have-a-peek-at-profiles/

 

Peggy Drexler, “Don’t Let Social Media Be A Road To Career Trouble”, Forbes Leadership, http://www.forbes.com/sites/peggydrexler/2014/05/23/dont-let-social-media-be-a-road-to-career-trouble/

 

  •  
  •  
  •  
  •  
  • lizl

    Ek het `n probleem daarmee, want dit le bande aan my vryheid van spraak. as ek op facebook se dat Zuma korrup en `n idioot is , en ek plaas fotos en berigte van plaas aanvalle gaan ek onmiddelik geklassifiseer word as n regse politieke aktivis ! Sodra jy enigsins iets van daai aard plaas , word jy veroordeel, die waarheid maak mos altyd seer. Nou verkies ek om my facebook so te stel dat slegs my vriende insae het op my facebook, en het ook nie werksmense op nie, my facebook is n plek vir vriende en familie.

Ander Artikels

Mediese wetenskaplike: Wat behels dié beroep?
Karen van der Berg   Vir prof. Gerhard Walzl is mediese navorsing soos om lid van ʼn aflosspan te wees – die aflosstok moet aangegee word om die momentum te behou. Prof. Walzl is die hoof van die Universiteit Stellenbosch se Departement van Biomediese Wetenskappe. Maar wat behels ʼn mediese wetenskaplike se beroep? Vir hom […]
Wat behels ʼn beroep in die onderwys werklik?
Cyril Blackburn   Om ʼn onderwyser te wees, is ʼn edele beroep: Elke onderwyser het gedurende sy of haar loopbaan die geleentheid om ander te help ontwikkel en ʼn daadwerklike impak te maak sodat ʼn diverse groep leerders hulle volle potensiaal kan bereik. Die onderwys is ongelukkig ook een van die beroepe met die meeste […]
Tegnologie sal baie dokters, prokureurs en ander vakkundiges vervang
Richard Susskind en Daniel Susskind   Teen die agtergrond van die bewering dat kunsmatige intelligensie (KI) en robotte sit en wag om die grootste deel van vandag se werkmag  te vervang, glo die meeste van vandag se hoofstroomvakkundiges ─ dokters, prokureurs, rekenmeesters, ensovoorts ─ dat hulle grootliks ongeskonde anderkant sal uitkom. Tydens ons konsultwerk en […]
1 2 3 55