Só kan werkvooruitsigte lyk

Maandag, Februarie 6th, 2017

Karen van der Berg

Om ’n beroep te kies is nie ’n besluit wat ligtelik geneem kan word nie. Om oor die regte inligting te beskik en die neigings in die arbeidmark te identifiseer, kan werklik ’n verskil maak.

Een ding is seker – ons lewe in die tyd van tegnologie en sosiale media. Voorkeur word ook aan omgewingsbewaring, die impak van die natuur op ons lewens en ’n gesonde leefstyle gegee. Dit gee loopbaanvooruitsigte ’n beduidende nuwe voorkoms.

Sam Lange, uitvoerende hoofbeampte van Glassdoor International, wat maatskappye help om strategiese beplanning te doen, lig sommige van hierdie tendense uit.

  • Entrepreneurs
    Ons skoolstelsel lei steeds mense op om vir iemand anders te gaan werk. Jong mense sal moet leer om hul eie werk te skep. Só skep die kragkrisis nuwe geleenthede vir entrepreneurs.
    Steenkool is die “nuwe goud”. Kyk uit vir geleenthede by ondernemings wat steenkool ontgin en bemark. Die toekoms het ’n enorme behoefte aan selfgedrewe mense. Jong mense wat nou die arbeidsmark betree, kan van vyf tot sewe beroepe in hul lewe hê. Die wêreld word oorgeneem deur entrepreneurs wat besighede begin sonder om enige eiendom of vaste bates te besit. Alles word digitaal en oor die internet gedoen. Uber en Airbnb is uiters gewild en winsgewend. Jong mense moet veral in dié rigting begin kyk omdat dit hulle vryheid van beweging gee en hulle self hulle werkure kan bepaal.
  • Menslike hulpbronne en data-wetenskaplikes sal in vennootskap wees.

Data word reeds ingespan om die benadering tot bemarking en logistiek beter te laat werk. Maar in die jare wat wag, sal dit ook gebruik word om die sektor menslike hulpbronne beter te laat funksioneer. Dit strek vanaf hoe personeel behandel gaan word (baie meer elektronies-interaktief) tot die gevoelens van personeel.

  • Werke gebore uit katastrofes
    Sam voorspel meer natuurrampe. Aardverhitting kan byvoorbeeld tot vloedskade lei. Meer dokters, fisioterapeute en traumaberaders (maatskaplike werkers en sielkundiges) sal nodig wees. Om die skade van natuurrampe te herstel sal argitekte, bouers en projekbestuurders gesog wees.
  • Elektrisiteits- en waterkrisisse sal die behoefte aan ingenieurs en navorsers op dié gebiede verhoog. Projekbestuurders en kernfisici sal ook nodig wees.
  • Biotegnologie
    Omdat die wêreldbevolking steeds groei, sal beroepe rondom biotegnologie vir die vervaardiging van kos, medisyne en brandstof noodsaaklik word.
  • Biochemie (chemiese prosesse in mense, diere en plante) sal meer aandag geniet – veral genetika (die ontleding van DNS) – om só agter te kom wat veroorsaak siektes. Genetiese manipulasie van bv. groente sal belangriker word om só meer mense te kan kos gee.
  • Kweek van liggaamsorgane
    Navorsing oor die moontlikheid hiervan sal uitbrei. Daar sal ook in die toekoms aansienlik meer navorsing oor lewensbedreigende siektes gedoen word.
  • Nanotegnologie, die studie van molekules en atome, gaan oor die sagteware van die lewe en hoe om dit gesonder te bestuur.

 

Bykomende bron: www.entrepreneur.com

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Mediese wetenskaplike: Wat behels dié beroep?
Karen van der Berg   Vir prof. Gerhard Walzl is mediese navorsing soos om lid van ʼn aflosspan te wees – die aflosstok moet aangegee word om die momentum te behou. Prof. Walzl is die hoof van die Universiteit Stellenbosch se Departement van Biomediese Wetenskappe. Maar wat behels ʼn mediese wetenskaplike se beroep? Vir hom […]
Wat behels ʼn beroep in die onderwys werklik?
Cyril Blackburn   Om ʼn onderwyser te wees, is ʼn edele beroep: Elke onderwyser het gedurende sy of haar loopbaan die geleentheid om ander te help ontwikkel en ʼn daadwerklike impak te maak sodat ʼn diverse groep leerders hulle volle potensiaal kan bereik. Die onderwys is ongelukkig ook een van die beroepe met die meeste […]
Tegnologie sal baie dokters, prokureurs en ander vakkundiges vervang
Richard Susskind en Daniel Susskind   Teen die agtergrond van die bewering dat kunsmatige intelligensie (KI) en robotte sit en wag om die grootste deel van vandag se werkmag  te vervang, glo die meeste van vandag se hoofstroomvakkundiges ─ dokters, prokureurs, rekenmeesters, ensovoorts ─ dat hulle grootliks ongeskonde anderkant sal uitkom. Tydens ons konsultwerk en […]
1 2 3 55