Deur Anja van den Berg
As dit by die skryf van CV’s kom, het werksoekers dit maar moeilik met teenstrydige advies. Is een bladsy voldoende? Wat van ʼn opsomming boaan? Moet mens persoonlike belange insluit? Hoe laat jy jou CV bo die ander uitstaan, veral wanneer gesogte poste hordes aansoeke uitlok?
Michael Tomaszewski, ʼn CV-spesialis en loopbaanadviesskrywer vir ResumeLab, het na ʼn oplossing gaan soek. Tomaszewski en sy span het ʼn opname onder meer as 500 werwers, professionele MHB-mense en aanstellingsbestuurders gedoen om die beste praktyke vir die skryf van resumés te identifiseer. Hieronder is sommige van die prominentste uitslae om in gedagte te hou wanneer jy jou CV ontwikkel.
Die ontwerp van jou CV is belangriker vir werwers ouer as 40 jaar as vir diegene wat jonger as 40 is. Oor die algemeen het meer as 50% van die respondente gesê dat inhoud (tersaaklikheid, ondervinding, ens.) die belangrikste deel van jou CV is. Net meer as 10% het gesê hulle dink styl en ontwerp staan sentraal tot ʼn suksesvolle resumé, terwyl 38% van respondente gesê het dat styl en inhoud ewe belangrik is.
Meer as 70% van die respondente het net monochroom verkies terwyl 27% gesê het die gebruik van kleure is aanvaarbaar.
Byna 20% van die respondente het gesê dat hulle nie ʼn voorkeur het nie. Byna 80% het egter gesê hulle verkies ʼn tweekolomresumé, terwyl 5% ʼn enkelkolomdokument verkies het. Die hoofrede vir die voorkeur vir ʼn tweekolomvorm is dat dit maklik is om die inhoud vinnig te skandeer.
Net meer as 20% van die respondente het nie ʼn voorkeur gehad nie, terwyl meer as 70% ʼn standaardformaat gekies het. Net 7% het ʼn kreatiewe formaat verkies. Watter styl jy ook al kies, wees konsekwent. 80% van die respondente het gesê ʼn eenvormige resumé-ontwerp is die sleutel tot die skep van ʼn goeie indruk.
Die meeste werwers stem saam dat ʼn enkelblad-CV selde ʼn goeie idee is. Hulle verkies tweebladsyresumés, selfs vir ʼn junior pos. Meer as 70% van die respondente het gevoel dat kandidate met 5+ jaar ondervinding nooit ʼn eenbladsyresumé moet indien nie.
Watter inligting moet nie by jou CV ingesluit word nie?
90% van die respondente sê jy moet nooit ʼn lys stokperdjies of belangstellings insluit nie, en 89% voel dat jy nooit jou verwysings voorop moet stel nie. Daarbenewens sê 82% jy moet nooit ʼn opsomming van jou CV insluit nie.
Byna 50% van die respondente het werkervaring as die belangrikste afdeling beskou. Darenteen voel slegs 15% dat opvoeding die mees kritieke segment is, gevolg deur 13% wat gesê het vaardighede is die prominentste afdeling.
Pas gegradueerdes moet eerstens op hul werkervaring fokus omdat 30% werwers voel dat dit die belangrikste afdeling is. Deeltydse werk, internskappe en kampusverantwoordelikhede is almal betrokke hier. Net meer as 20% het gesê opvoeding is die mees kritieke segment, terwyl 19% gerapporteer het dat hulle eerste na die vaardighedeafdeling kyk.
Jane Heifetz, ʼn resuméspesialis en stigter van Right Resumes, sê dat dit nie vinnig en maklik is om ʼn effektiewe CV te prakseer nie. “Moenie dink jy sal gaan sit en dit binne ʼn uur uitwerk nie,” waarsku sy. John Lees, ʼn VK-gebaseerde strateeg en outeur van Knockout CV, sê werksoekers moet hul CV as ʼn bemarkingsdokument beskou. Aansoekers moet hulself in die aanstellingsbestuurder se skoene sien en ʼn nuwe weergawe van hul resumé vir elke geleentheid skep.
Bronne
ResumeLab: https://resumelab.com/resume/how-to
Harvard Business Review: https://hbr.org/2014/12/how-to-write-a-resume-that-stands-out
Foto krediet: cottonbro | Pexels
Oops! We could not locate your form.