• Teken
    asseblief in

  • Feedback
    PSIGOMETRIESE TOETSE
    & BEROEPSVOORLIGTING
    Die doel van die Helpende Hand Beroepsvoorligtingprogram is om aan Afrikaanse jongmense, regoor die land 'n bekostigbare beroepsleidingdiens te verskaf ten opsigte van vakkeuses en beroepskeuses. Ek bied professionele begeleiding aan elke jongmens om die nodige kennis en vaardighede te bekom, om te verseker dat hulle 'n ingeligte besluit oor hul toekoms kan maak. Tersiêre opleiding is peperduur. Professionele loopbaanvoorligting maak daarom soveel sin.
    Hoe werk die aanbod?
    Daar is 'n verskeidenheid pakkette beskikbaar. Elke pakket is saamgestel om individuele behoeftes aan te spreek. Individuele en groeptoetse word in jou gemeenskap gedoen. Kry 'n groep van 10 leerders in jou gemeenskap of skool wat getoets wil word en kontak ons om 'n afspraak te maak.
    Mediesefonds Eise
    Die betaling vir hierdie psigometriese toetse kan van die mediese fonds teruggeëis word.
    Wat sluit die aanbod in?
    • Informele gesprek wat met ouers en kind gevoer word voor
    • die evaluering;
    • Evaluering wat ongeveer 1 ½ – 2 ure duur, afhangende van die
    • hoeveelheid toetse wat by die sessie ingesluit word;
    • Professionele verslag;
    • Terugvoer sessie
    VAKKEUSE PAKKET
    (GR. 7 - 9)
    Sluit die afneem van 'n aanleg, belangstelling en persoonlikheidstoets in. Hier word spesifiek gefokus om die regte vakke te kies, vir die rigting waarin die kind moontlik wil gaan na skool.
    KOSTE: R 700
    BEROEPSKEUSE PAKKET
    (GR. 10 - 12)
    Sluit die afneem van 'n aanleg, belangstelling en persoonlikheidtoets in. Hier word in-diepte gefokus op die beroepskeuse van die kind. Moontlikhede en opsies vir die toekoms word ondersoek, teen die agtergrond van die kind vaardighede, skool punte, waardes, roeping en vakke..
    KOSTE: R 900
    JONGMENSE EN WERKSOEKERS PAKKET
    (NA SKOOL)
    Sluit die afneem van 'n aanleg, belangstelling en persoonlikheidtoets in. Hier word in-diepte gefokus op die beroepskeuse van die kind. Moontlikhede en opsies vir die toekoms word ondersoek, teen die agtergrond van die kind vaardighede, skool punte, waardes, roeping en vakke.
    KOSTE: R 800
    LRP BREINPROFIEL
    HOE is jy slim? Is jy brein fiks? Hoekom dink en leer jy op 'n bepaalde manier? Deur hierdie volledige breinprofiel kan jy makliker en vinniger leer.
    KOSTE: R 1100
    AMBAGAANLEG TOETS
    Wil jy 'n ambag volg, maar nie seker in watter rigting nie. Bepaal waar jou tegniese aanleg lê.
    KOSTE: R 800
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close