Foto: iStock



Waarom jou publieke en privaat data jou in die beste lig moontlik moet stel

Donderdag | 06 Augustus | 2020

Deur Anja van den Berg

Akademiese oorsigte beklemtoon dat die meeste suksesvolle persone verstaan hoe om hulle professionele reputasies en die persepsies omtrent hulle te bestuur. Hulle is ook sterk daarop ingestel om hulleself op ʼn professioneel gepaste manier uit te beeld.

Nogtans is sommige van hierdie persone dikwels agterlosig wanneer dit kom by die tentoonstelling van hulle lewens op sosiale media.

Selfs al is jou sosialemediarekenings privaat, is daar heel waarskynlik oorgenoeg openbare inligting waartoe enige persoon toegang kan verkry om ons te assesseer, sê Tomas Chamorro-Premuzic, ʼn professor in besigheidsielkunde.

“Alhoewel ons nie bewus is van enige groot maatskappye wat in die openbaar erken dat hulle hierdie tegniek gebruik in hulle prosesse vir kandidaat-identifikasie, -werwing of -evaluering nie, maak dit sin om te aanvaar dat hulle dit doen,” waarsku Chamorro-Premuzic.

Hy voeg by dat daar ʼn groot hoeveelheid akademiese navorsing is wat toon dat ons sosialemedia-aktiwiteit ʼn akkurate aanwyser is van ons diepste gesetelde sielkundige eienskappe. Wat meer is, baie groot maatskappye is hiervan bewus.

Sosialemediaplasings, -aanstuur en “likes” kan geanaliseer word vir kwantiteit, kwaliteit en inhoud. Dit is al aangedui as dat dit korreleer met persoonlikheid, oortuigings, politieke voorkeure en verbruikersgedrag.

Maatskappye soos Humantic, Crystal Knows en Receptiviti, sowel as ondernemers soos IBM Watson, bied aan kliënte die vermoë om kandidate se Facebook-, Twitter-  of LinkedIn-profiele te vertaal in ʼn sielkundige buitelyn van hulle beroepsverwante sterktes en swaktes.

“Wanneer jy iets op sosiale media plaas, aanstuur of op ʼn plasing reageer, verbeel jou jy doen dit voor ʼn virtuele ouditorium,” waarsku Chamorro-Premuzic.

Visualiseer dan hierdie virtuele saal is gevul met jou voornemende base, kollegas, beleggers of vennote.

Hoe meer jy hierdie denkbeeldige gehoor kan inlig en inspireer eerder as om hulle kwaad te maak of  vervreem, hoe beter.

Voordat jy jou aanlynteenwoordigheid kan opkikker, moet jy doelwitte stel vir die indrukke wat jy wil hê elke potensiële gehoor van jou moet vorm. Jy sal ook die onderskeie platforms moet oorweeg wat elke gehoor sal kies om jou te assesseer.

Vir sommige mense kan om ʼn aanlynteenwoordigheid op te kikker so eenvoudig wees as om ʼn enkele foto, video of sosialemediaplasing te verander. Ander mag ʼn meer omvattende en volgehoue benadering benodig.

Om algoritmes, mense en organisasies te beïnvloed wat probeer om jou te evalueer is dit nodig om jou eie profiel (“binnepersoon-data”) sowel as die profiele van ander in jou verwysingsgroep (“tussenpersoon-data”) te oorweeg. Om die regte balans te vind tussen in te pas en uit te staan is die sleutel tot sukses.

Om te verstaan hoe jou aanlynprofiele deur ander geïnterpreteer en gebruik word – sowel as hoe ons tot hulle toegang kan kry en hulle modifiseer – maak deel uit van die bou van ʼn suksesvolle loopbaan.

 

Bronne:

Harvard Business Review: https://hbr.org/2020/07/how-to-curate-your-digital-persona

PLOS: https://journals.plos.org/plosone/article?id=10.1371/journal.pone.0201703

Global Advisors: https://globaladvisors.biz/2020/07/03/how-to-curate-your-digital-persona/

Besoek webwerf