Deur Melodie Veldhuizen
Is jy ʼn gereelde teaterganger ? Het jy al ooit gewonder wat alles agter die skerms gebeur om ʼn suksesvolle vertoning op die planke te kan bring? Een van die belangrikste rolspelers in die teaterwêrld is die teaterbestuurder.
ʼn Teaterbestuurder is verantwoordelik vir die bestuur van die algemene bedryf, instandhouding en winsgewendheid van die teater.
Jou pligte as teaterbestuurder sal in ʼn mate ook afhang van die grootte van die teater waar jy werksaam is.
Met die vereiste kwalifikasies sal jy by enige teater van enige grootte kan werk.
ʼn Teaterbestuurder se werkure word deur die skedule van die teater bepaal. Dis meestal saans en oor naweke. Jy moet ʼn geruime tyd voor die aanvang van die vertoning al op jou pos wees en sal eers ʼn ruk na die vertoning, wanneer die teater opgeruim en ontruim is, kan huis toe gaan.
Dit word gewoonlik bepaal deur die grootte van die teater.
Vereiste skoolvakke
Om kunstebestuur of besigheidsbestuur te gaan studeer, word die volgende skoolvakke aanbeveel: Drama, Afrikaans, Engels, Kuns, Besigheidstudies en Inligtingstegnologie.
Doen navraag by die universiteit van jou keuse oor die aanbevole kwalifikasies om jou as teaterbestuurder te bekwaam. Die onderstaande tersiêre instansies word sterk aanbeveel:
Universiteit van Stellenbosch
Universiteit van Pretoria
Universiteit van Witwatersrand (Wits)
Noordwes-Universiteit (Potchefstroom). Artéma, hul instituut vir kunstebestuur en -ontwikkeling, bied ook kort kursusse aan wat baie voordelig vir teaterbestuur is.
Om as teaterbestuurder te kwalifiseer, moet jy een van die volgende grade hê:
BA in Uitvoerende Kunste met Kunstebestuur as hoofvak
BCom (Besigheidsbestuur)
Carien Bloem is die afgelope 18 maande bestuurder by die AfriForum Teater. Ons gesels met haar oor haar werk.
Wat presies behels jou werk by die AfriForum Teater?
Ek is verantwoordelik vir die voorhuis van die teater (front of house’), die besprekings en die vlot verloop van vertonings. Dan maak ek seker dat die kleedkamers gereed is vir die kunstenaars en dat dit aan al hul behoeftes voldoen. Wanneer die kunstenaars vir die vertoning opdaag, ontvang en verwelkom ek hulle.
Verder bestuur ek die teater se voordeurpersoneel wat die gaste ontvang en kaartjies nagaan. Ek maak seker al die reëlings rakende kaartjies en komplimentêre kaartjies is deurgegee aan die betrokke partye en dat alle spesiale versoeke hanteer word. Ek beantwoord navrae en bestuur ook programverkope indien die vertoning dit versoek.
Watter aspekte van jou werk geniet jy baie?
Dit is heerlik om in ʼn kreatiewe en kunstige omgewing te werk. Dit is ook baie lekker om mense se positiewe ervarings waar te neem nadat hulle ʼn vertoning bygewoon het.
Is daar aspekte van jou werk waarvan jy nie hou nie?
Dit is ʼn baie administratief georiënteerde werk, en dis belangrik om kop te hou en besprekingsinligting by te hou. Dit kan soms uitputtend en dreinerend wees.
Wat sou jy vir ʼn voornemende student sê wat dit oorweeg om teaterbestuur as loopbaan te kies?
Bronne
Fundiconnect. https://fundiconnect.co.za/career_profiles/theatre-manager/
Carien Bloem, Manager, AfriForum Theatre. carien.bloem@afriforum.co.za
Foto krediet: stefano stacchini | Unsplash
Oops! We could not locate your form.