Deur Anja van den berg
Werkonderhoude is hoë-stres situasies, en baie kandidate raak vasgevang in ʼn angsspiraal tydens hierdie uiters belangrike gesprekke.
ʼn Angsspiraal ontvou gewoonlik soos volg:
Hier volg drie bewese maniere oor hoe om die oomblik wanneer jou brein net gaan stilstaan tydens ʼn onderhoud te hanteer:
Angs affekteer kognisie, sê dr Alice Boyes, ʼn sielkundige en skrywer van The Healthy Mind Toolkit en The Anxiety Toolkit.
Dit is beter om die feit te omhels en daarvoor voor te berei as om vir die beste te hoop en die ergste te ervaar. Boyes waarsku diegene wat vir onderhoude gaan om te verwag dat angs tydens die onderhoud hulle denke met 25% sal krimp. Sy stel voor dat jy oorvoorberei om ietwat daarvoor te vergoed.
Sy sê egter ook dat jy tydens ʼn onderhoud ook moet onthou dat terwyl angs jou prestasie tot ʼn mate mag affekteer, dit nie daardeur vernietig word nie.
Selfs as jy onverwags in ʼn spiraal vasgevang word, vind troos in die feit dat jy nogtans 75% onthou van dit wat jy weet.
Wanneer jy plaasgeneem het en die onderhoudvoerder begin jou met vrae bestook, kan jy gou besef jou gedagtes verstar en jy kan nie jou bene voel nie. Angs skop in. Jy raak paniekerig en begin onmiddellik dink jy kan nie die regte antwoord vind nie.
Die eerste ding om te doen is om diep asem te haal en jou liggaam te probeer ontspan. Dit sal op sy beurt jou gedagtes laat ontspan.
Van hier af aan moet jy die breinvriespatroon breek deur die onderhoudvoerder te vra om die vraag te herhaal. Dit is heeltemal aanvaarbaar, en verleen aan jou ʼn bietjie tyd om te dink. Alternatiewelik kan jy sê: “Laat my net vir ʼn oomblik daaroor dink,” neem ʼn slukkie water en beweeg aan.
Wanneer jy vir die onderhoud voorberei, dink aan vrae wat jou in die verlede miskien gekortwiek het. In plaas van eenvoudig te antwoord: “Ek weet nie,” kom op met voorbeelde van response en oefen hulle hardop.
Jy kan oefen om te sê: “Dis ʼn goeie vraag. Ek moes nog nooit presies so ʼn situasie hanteer nie. Kan u uitbrei op die scenario wat u in gedagte het sodat ek ʼn bietjie kan dink oor wat my strategie sou wees?”.
Jy kan ook tot jou eie redding kom deur te sê: “Jete, dit is ʼn turksvy. Wanneer ek nie mooi weet hoe om ʼn saak te hanteer nie, gebruik ek ʼn proses om duidelikheid te kry oor hoe ek wil aanbeweeg.” Gaan dan voort om jou proses te verduidelik.
Dink aan hoe jy oop, nuuskierig en bekwaam wil voorkom. Jy hoef nie te wys – of te sê – dat jy senuweeagtig is nie. Jou doel is om jouself as nugterdenkend en verstandig uit te beeld, selfs in hoë-stres situasies.
Bronne:
Harvard Business Review: https://hbr.org/2021/01/ask-an-expert-i-freeze-up-during-job-interviews
The Healthy Mind Toolkit: https://www.amazon.com/Healthy-Mind-Toolkit-Simple-Strategies/dp/0143130706/
The Anxiety Toolkit: https://www.amazon.com/Anxiety-Toolkit-Strategies-Fine-Tuning-Moving/dp/0399169253/
Oops! We could not locate your form.