Watter SA universiteit is die duurste?

Maandag, Oktober 26th, 2015

Bianca Bothma

 

Presies hoeveel kos dit om in Suid-Afrika ʼn universiteitsopvoeding te bekom en watter universiteit is die duurste?

Na drie dae se protes-aksie by die Universiteit van die Witwatersrand, het eNCA.com ʼn vergelyking opgestel oor die koste verbonde daaraan om aan ʼn Suid-Afrikaanse universiteit te studeer.

Die Wits SVR het ʼn massaprotes oor die voorgestelde 10.5% verhoging in fooie gereël, wat Woensdag begin het. Studente het die ingang na die universiteitkampus in Braamfontein geblokkeer en alle klasse is gekanselleer.

Adjunk-president Cyril Ramaphosa het Donderdag die Nasionale Spitsberaad oor Hoër Onderwys toegespreek en gesê universiteitsfooie behoort meer bekostigbaar te wees.

“Studentefooie moet meer bekostigbaar wees om meer toegang moontlik te maak vir die armes, die werkersklas en middelklasgesinne,” het hy aan afgevaardigdes gesê.

In ʼn verklaring het Linda Jarvis, hoof finansiële beampte van die universiteit, gesê die 5% regeringsubsidie is nie genoeg om kostes te dek nie.

“Ons moet ons inkomste aanvul om ons uitgawes te dek om volhoubaar te bly. Doen ons dit nie, stel ons die gehalte van ons akademiese projek in gevaar,” het sy gesê.

Die voorgestelde verhoging van 10.5% sal nie twee-derdes (20,000) van studente affekteer wat beurse of studietoelaes ontvang nie, het Jarvis gesê.

Wits vise-kanselier Adam Habib het studente Vrydag in ʼn lang sessie toegespreek om na hulle griewe te luister en ʼn oplossing te probeer bereik.

Die onmiddellik betaalbare registrasiefooi – of eerste onderrigbetaling soos ook daarna verwys word – by Wits is R9,900, wat baie minder is as wat studente moet betaal wanneer hulle by UCT of Rhodes Universiteit in Grahamstad registreer.

Die Universiteit van Fort Hare is nie op hierdie kaart ingesluit nie aangesien hulle fooistruktuur nie op hulle webwerf gelys word nie.

UCT is by verre die duurste en vereis dat studente R24,000 betaal voordat hulle enigsins ʼn lesingsaal betree.

Vroeër hierdie jaar het studenteprotes by UCT opgevlam, wat ʼn landswye beweging tot gevolg gehad met die oproep om koloniale standbeelde te verwyder.

Die standbeeld van Cecil John Rhodes by UCT is geskend en later verwyder.

Die veldtog het deur die land versprei en vir dae op sosiale media gefigureer met die hits #RhodesMustFall.

Dit word verwag dat die #WitsFeesMustFall-proteste ook na ander universiteitskampusse mag versprei.

eNCA.com het ook die eerstejaarfooie van drie oor die algemeen oorvol grade: BCom, wetenskap, die kunste en sosiale wetenskappe vergelyk.

Angelo Fick, eNCA-kommentator, sê hierdie grade is meer gewild omdat hulle meer bane met verskillende hoofvakke het.

“Professionele grade soos medies of elektriese ingenieurswese het ʼn meer spesifieke program,” het hy gesê.

Oor die algemeen is UCT die duurste, gevolg deur die Universiteit van Pretoria, Noordwes-Universiteit en Wits.

 

Bron: eNCA

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Wil jy graag jou eie baas wees? Vra dan eers jouself die regte vrae
Anja van den Berg   Die meeste mense begryp dat besigheidskennis nodig is om ʼn besigheid te bedryf, maar die meeste suksesvolle besigheidseienaars het ook bykomende vaardighede en eienskappe wat ʼn suksesvolle besigheid aanhelp. Voordat jy besluit om met ʼn besigheid te begin, moet jy nadink oor watter eienskappe jy het, hoe jou kop werk […]
Die kliënt kom altyd eerste
Karen van der Berg   Die noodsaaklikheid om goeie verhoudings met kliënte te bou, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is deur hierdie verhoudings wat jy werklik jou kliënte se behoeftes begin verstaan. Hannes Venter van Global & Local Inc., ’n konsultant wat hulp aan klein ondernemings bied, het vyf goue reëls om goeie […]
Voortdurende veranderings in die werkplek
Anja van den Berg   In die 1960’s het die werkplek gewentel om ʼn nege-tot-vyf-werkdag, mans het hulle vroue en kinders tuis onderhou, en werk het gewoonlik fisiese arbeid behels. Personeel het by die werk gerook – selfs in die kantoor – en daar was geen voorskrifte vir korrekte etiket in die personeelkombuis nie, aangesien […]
1 2 3 53