Wouter Snyman van attooh!
In die eerste episode van WerksWêreld praat Paul met Wouter Snyman, uitvoerende hoof van attooh!, ʼn maatskappy wat ʼn verskeidenheid finansiële dienste vir ʼn nismark lewer. Luister gerus na hierdie podsending as jy binnekort die werkplek gaan betree, juis omdat Wouter praat oor dié dinge wat vir hom uitstaan op ʼn CV, die dinge waarna hy in ʼn onderhoud kyk en watter vaardighede hy dink alle jongmense nodig het en waaraan hulle nie genoeg aandag gee nie. WerksWêreld is ʼn Afrikaanse podsending oor die werkplek en is ʼn “moet-luister” vir die jongmens wat op die drumpel van die werkplek staan, en vir die gesoute werknemer wat op soek is na ʼn vars perspektief!
Foto krediet:
Oops! We could not locate your form.